top of page

VERHOUDINGS:

 

Verbondsverhoudings

  • Vriendskap verhoudings.

  • Kollegiale verhoudings

  • Ouer kind verhoudings

  •  Liefdes verhoudings

  •  Familie verhoudings

 

 

 

 Die Christelike Godsdiens oftewel die evangelie van Jesus Christus is op 'n persoonlike verhouding tussen jou en Jesus Christus gebaseer.

  • Ons is verhouding wesens.

  • Verhoudings vir alle mense lewensbelangrik.

  • Goeie verhoudings bring geluk en slegte verhoudings bring ongeluk- selfs oorloë.

  • Verhoudings is heilig.

 

Geluk is ‘n baie abstrakte konsep. Die antwoorde op die vraag "wat maak jou gelukkig" sal verskil aangesien ons almal verskillende waarde en voorwaardes aan geluk heg. Ons wil dit nie altyd erken nie, maar al ons verhoudings is egter behoefte gedrewe. Ons sal nie met iemand in ‘n verhouding tree, hetsy romanties, vriendskaplik of professioneel as ons behoeftes nie daardeur aangespreek word nie. Alle mense het fisiese, kognitiewe, emosionele, sosiale en geestelike behoeftes. Wat ons presies nodig het sal egter van mens tot mens verskil.

Ons wil tog almal as mense veilig voel. Vir ‘n persoon om veilig binne ‘n verhouding te voel, is daar liefde, respek, vertroue en effektiewe kommunikasie nodig. Dit is die basis waarop al die ander behoeftes gesteun kan word. Om werklik gelukkig in ‘n verhouding te wees, het ons onvoorwaardelike liefde en aanvaarding nodig. Dit is egter baie makliker gesê as gedaan. Dit raak soms moeilik om jou maat onvoowaardelik lief te hê en te aanvaar, maar indien dit well plaasvind, is dit wonderlik. Jy het tog jou maat gekies met sy/haar unieke karaktereinskappe. Ons moet leer om mekaar lief te hê, selfs die slegte dele van ons maat. Ons moet vir mekaar liefde wys op die maniere wat vir ons belangrik is. Wanneer jy jou maat se liefdestaal verstaan en praat, word mens se emosionele emmer sommer vining volgemaak. Ons almal het fisiese aanraking, opboudende woorde, kwaliteit tyd, diensbaarheid en geskenke nodig.

 

 

 

 

 

 

weheartit.com

huisgenoot.com

bottom of page