top of page
 
 
 
 
 
 
Wat is Dwelmmisbruik?
Dwelmmisbruik kan gedefinieer word as die oordadige of verslawende gebruik van gemoedsveranderende dwelms vir nie-mediese doeleindes. Dit beteken dat enige dwelmmiddel wat vir te lank gebruik word of vir die verkeerde redes en in oormatige dosisse, gesien kan word as misbruik. Die mees algemene dwelms wat misbruik word is gemoedsveranderende substanse wat bekend is as psigo-aktiewe dwelms. Hulle sluit nie net die algemene straat (onwettige) dwelmmiddels in nie – dagga, kokaïne, heroïne en Mandrax – maar ook medikasie wat wettig gebruik word om pyn te verlig, slaaploosheid en spanning te verlig. Alkohol en tabak is voorbeelde van alledaagse dwelmmiddels wat jou gemoed, jou gedrag en liggaamlike funksies beïnvloed. Alhoewel afhanklikheid van beide hierdie dwelmmiddels ernstige probleme in ons samelewing veroorsaak, is hulle wettige dwelmmiddels wat deur enigeen bo die ouderdom van 18 jaar gekoop kan word.
 
Wat is Verslawing?

Verslawing beteken ‘n onbeheerbare, abnormale behoefte of begeerte om ‘n dwelmmiddel te gebruik. In sy nouste vorm verwys die term verslawing na fisiese afhanklikheid van dwelmmiddels.

 

 
Leer om nee te sê:

 

•Maak jou eie besluite en probeer om nie deur jou vriende beïnvloed te raak nie. Leer om ‘nee’ te sê en moet nie gedwing word om van gedagte te verander nie.

 

 

•Verbeter jou selfbeeld. Weet wie jy is en waarin jy goed is.  Jy is uniek en jy hoef nie ‘n ‘fotostaat’ te wees van daardie mense wat jy bewonder nie.

 

 

•Beheer jou eie lewe, en moet nie toelaat dat ander mense vir jou besluite neem nie. Die minuut wat jy afhanklik word van ‘n dwelmmiddel begin jy om beheer te verloor.

 

 

•Bly besig en aktief – die punt is om so min as moontlik tyd te hê om verveeld te voel en aan maniere te dink om jou tyd om te kry.

 

 

•As jy probleme het, bespreek dit met iemand wat jy respekteer – jou ouers, ‘n dosent, ‘n godsdienstige leier of ‘n vriend.  Moenie probeer om van jou probleme weg te hardloop deur dwelmmiddels te gebruik nie – dit sal nie net die probleem vererger nie, maar sal ook ander skep.

 

 

•Stel vir jouself doelwitte – moet nie net van dag tot dag leef, maar beplan vooruit en die gevoel van prestasie wat jy ervaar as jy jou doelwitte bereik, sal die gebruik van dwelmmiddels onaantreklik laat lyk.

 

 

 

 

 

Waar kry ek hulp?

 

Die volgende telefoonnom-mers kan byderhand gehou word:

 

-Life Line Suidelike Afrika Tel: 011 7152000

-Dwelmlyn Tel: 0881296791

-Tough Love (Hoofkantoor) Tel: 011 8863344

-Narcotics Anonymous Tel: 011 4855248

-“Drugwise” Beraders (Suid-Afrikaanse Vereeniging van Handels Aptekers) Tel: 011 7285558

-Suid-Afrikaanse Narkotika Buro (Sanab) van die Suid-Afrikaanse Polisiediens   Tel: 012 3392239

MIDDELMISBRUIK...

Middelmisbruik is deel van die lewe in Suid-Afrika. Statistieke wys dat ongeveer 21% van mans en 7% van vroue 'n alkohol-gebruiksteurnis in hul leeftyd sal ontwikkel. Die land het een van die hoogste gevalle van foetale alkoholsindroom in die wêreld, en ongeveer die helfte van alle voetgangers en bestuurders wat sterf op die paaie is oor die wetlike limiet.

 

Onwettige dwelmgebruik is ook algemeen. Vier-en-veertig persent van dwelm-verwante misdaad in Suid-Afrika vind in die Wes-Kaap plaas, en die per kapita ratio vir dwelmverwante misdaad hier is vier keer meer as die nasionale gemiddeld, met nege van die 10 dwelmknelareas in die land in die Wes-Kaap.Dwelms soos tik (metamfetamien) verskyn daagliks in koerantopskrifte en heroïengebruik (rook en binneaars) is aan die toeneem. Die Wes-Kaap het ongetwyfeld 'n ernstige probleem met dwelmverslawing.

baptistekerkkemptonpark.wordpress.com

af.wikipedia.org

bottom of page