top of page

DISSIPLINE IN DIE KLASKAMER..

 

Klaskamerdissipline kan beinvloed word deur die onderwyser of leerder se waardes.

Waardes wat dissipline positief beinvloed:

 

  • religieuse waarde: dit dui op die mens se godsdiensbeskouing, sy/haar mensbeskouing, lewensvisie. Dit het betrekking op die belangrikheid van gesagsaanvaarding, gehoorsaamheid, respek teenoor die onderwysers en medeleerdes, goeie selfbeheersing en naasteliefde,

  • verhoudingswaarde: dit verwys na die belangrikheid van die volgende aangeleenthede in die verhouding met die onderwyser en medeleerders: goeie samewerking, lojaliteit, omgee vir mekaar, vriendelikheid en samehorigheid,

  • morele waarde: dit dui op die waardeskatting van die mens ten opsigte van wat reg of verkeerd is; dit dui voorts ook op die belangrikheid daarvan om altyd eerlik en opreg op te tree, die waarheid te praat, goeie gedrag te openbaar, ‘n skoon/rein lewe te lei, nie beledigend te wees nie en nie kru taal te gebruik nie,

  • regswaarde: dit verwys na die belangrikheid daarvan om reëls te gehoorsaam, dat reg en geregtigheid sal geskied en dat oortreders op ‘n gepaste wyse gestraf word,

  • intellektuele waarde: dit dui op die belangrikheid daarvan om kennis en insig te verbreed, sowel as die behoefte om te leer,

  • selfwaarde: dit is die waarde wat op selfdissipline, goeie maniere, selfbeheersing, volwassenheid en verantwoordelikheid gerig is,

  • emosionele waarde (gemoedswaarde): dit dui op die affektiewe en emosionele waarde van die mens wat weer dui op die belangrikheid daarvan om altyd goed te voel oor alles wat gedoen word en dat daar ‘n aangename atmosfeer in die klaskamer heers,

  • beroepswaarde: dit verwys na die waarde wat werksbevrediging vir die leerders kan hê, om trots te wees op hulle werk en om hulleself voor te berei vir hulle beroepstoekoms,

  • tydruimtelike waarde: dui op die betekenis en belangrikheid van tyd en ruimte vir elke leerder en om onderrigtyd goed en effektief te gebruik sonder om tyd te mors. 

Waardes wat dissipline negatief beinvloed:

 

  • sosiale waarde: dit verwys na die leerder as ‘n sosiale persoon wat daarvan hou om ander se aandag te trek en wat maklik toegee aan groepsdruk,

  • kulturele waarde: die invloed wat verskillende kulture sou kon hê op individue se gedrag in die klaskamer, wat kan beteken dat leerders reëls wat nie hulle kultuur en gewoontes in ag neem nie, maklik oortree,

  • ontspanningswaarde: dit dui op die hoë premie wat deur leerders geplaas word op die soeke na avontuur, wat daartoe kan lei dat klasreëls maklik oortree word,

  • outoriteits- of gesagswaarde: dit dui daarop dat die leerders hulle nie graag wil laat voorskryf of voorsê nie,

  • tydruimtelike waarde: dit dui daarop dat leerders voel dat daar tyd gemors word in die klaskamer en dat hulle verveeld raak, 34 SA-eDUC Vol.3 (2) 31-45

  • liggaamlike of fisiese waarde: dit dui op die belangrikheid van die fisiese voorkoms, maar ook die fisiese ontwikkeling van die leerders wat kan veroorsaak dat klasreëls oortree word; vir seuns is dit byvoorbeeld belangrik om met mekaar kragte te meet deur te stamp en te stoei en vir meisies is dit weer belangrik om goed te lyk, sonder om die geslagte doelbewus te stereotipeer,

  • beroepswaarde: dit dui daarop dat die leerders nie werksbevrediging kry nie en dat hulle eerder iets anders sal wil doen,

  • selfwaarde: dit dui op die mate waartoe leerders graag selfstandig wil wees en eie besluite wil neem en daarom nie graag deur reëls voorgeskryf wil word nie,

  • verhoudingswaarde: dit dui daarop dat leerders verkies om alleen gelaat te wees en nie deel van ‘n groep wil wees nie. 

 

SA-eDUC JOURNAL Volume 3, Number 2, pp. 31 –45 15 December 2006 

KLASREELS...

Die stel van klasreels is 'n baie effektiewe aspek wat dissipline in die klaskamer bevorder en as 'n riglyn van goeie dissipline gesien kan word.

    Wenke vir Klasreels :
  • Respekteer klasmaats en onderwyser.
  • wees bedagsaam, gaaf en liefdevol
  • doen altyd jou beste
  • moenie aan iemand anders doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie
  • moenie in die klas hardloop nie
  • staan as 'n volwasse persoon die klas binnekom en groet hoflik.
  • volg onderwyser se instruksies
  • moenie goed rond gooi nie
  • moenie op banke staan nie, sit regop in banke
  • bly stil as onderwyser of ander leerders praat
  • steek jou hand op voor jy iets wil se
  • moenie uitskree nie
  • moenie ander maats se aandag aftrek deur gesigte te trek nie
  • moenie vir ander leerders se antwoorde lag nie
  • moenie opstaan om iets in die drom te gaan gooi as onderwyser besig is om te praat nie
  • moenie oor die klas vir 'n ander maat iets skree nie
  • moenie probeer snaaks wees in die klas nie

 

moparent.com

bottom of page