I'm a description. Click to edit me
Lewensoriëntering
Kooperatiewe leer
Definisie van kooperatiewe leer (groepwerk):
Kooperatiewe leer is ‘n onderrigstrategie wat gebruik word om student voor te berei op die uitdagings van die arbeidsomgewing. Studente word met kooperatiewe leer aangemoedig om deur aktiewe samewerking betrokke te raak by die voltooiing van aktiwiteite. Alhoewel die aktiewe samewerking deur studente impliseer dat studente in groepe saamwerk, word daar gewaarsku dat kooperatiewe leer nie net beskou moet word as groepwerk waartydens die groeplede onafhanklik komponente van aktiwiteit voltooi om ‘n groot hoeveelheid werk af te handel nie. Kooperatiewe leer is daarop gerig om student se kritiese en kreatiewe denke te ontwikkel deur hulle te laat saamwerk, hulle eie en mekaar se leer te bevorder, oor sake te redeneer, mekaar se idees te bevraagteken en mekaar se denke uit te daag. Studente wat saamwerk om problem op te los geneig om ‘n beter begrip van problem te ontwikkel as wanneer hulle individueel problem oplos. Kooperatiewe leer stel student dus in staat om mekaar te help om die uitkomste van ‘n les te bemeester. Met kooperatiewe leer word student aan mekaar se werklikhede blootgestel en aangemoedig om mekaar se denke uit te daag en te bevraagteken.
Voor-en nadele van kooperatiewe leer (groepwerk)
Voordele:
-
Bevorder en moedig samewerking tussen groepe aan.
-
Verbeter kommunikasie vaardighede.
-
Individuele en groepspoging is suksesvol.
-
Uitruil en verbaliseering van idees.
-
Leerders word aangemoedig om oor hulle wyse van leer te dink.
-
Is selfverantwoordelik vir leer en besef verantwoordelikheid.
-
Baie werk kan in ‘n kort tydjie afgehandel word.
Nadele:
-
Leerders hou nie van groepwerk,verkies om alleen te werk.
-
Moet van mekaar leer-slegs as dit effektief is.
-
Wil nie as groep geassesseer word nie.
-
Sukses word verseker as leerders die interafhanklikheid besef.
-
Kan faal as elke lid nie sy opdrag belangrik beskou nie.
5 basisiese elemente van koorporatiewe leer:
-
Positiewe afhanklikheid
-
Bevorderende interasksie
-
Individuele en groep aanspreeklikheid
-
Persoonlike vaardighede
-
Groep verwerking
Wenke vir effektiewe groepwerk:
-
Luister aktief : Omskep jou omgeweing produktief vir bespreking deur aktief te luister na wat jou groeplede te sê het.
-
Stel 'n gemeenskaplike doel : Almal in die groep moet dieselfde doelwit hê, soda almal weet waarnatoe om te werk
-
Ken rolle toe vir elke groeplid: As elke groeplid ‘n rol het, sal almal dieselfde insit hê in die eindproduk.
-
Maak 'n tydlyn : In jou groep ,beplan om gereelde ontmoetings sodat alaml op datum kan bly, en sal weet wanneer die sperdatum is.
-
Verdeel en oorwin : As jy saam met 'n groep aan 'n groot projek werk ,is dit in jou beste belange om die taak in te verdeel kleiner , meer hanteerbare take te verdeel sodat alles betyds klaar is.