top of page

Groepsdruk

 

Wat is groepsdruk:

Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat jy nie eers werklik daarvan bewus is nie!

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat ‘n positiewe invloed op jou gedrag het.

 

Negatiewe groepsdruk

Negatiewe groepsdruk is enige gedrag wat deur maats afgedwing word en veroorsaak dat iemand sy maats se negatiewe gedrag of waardes naboots.

 

Positiewe groepsdruk

Net soos wat kinders mekaar negatief kan beïnvloed, kan hulle mekaar ook positief ondersteun. Aangesien kinders maklik beïnvloedbaar is, is dit belangrik dat ‘n kind maats het wat ‘n positiewe invloed uitoefen. Hier is ‘n paar voorbeelde waar groepsdruk positief kan wees.

  • Kinders sien wanneer maats se goeie gedrag en maniere beloon word en sal dan hierdie gedrag naboots om ook beloon te word.

  • ‘n Kind sal meer aandag aan sy skoolwerk gee wanneer sy maats dieselfde doen.

  • Wanneer maats aan sport en buitemuurse aktiwiteite deelneem, sal ‘n kind self ook deel van die span wil wees vir die geselligheid en spangees wat daaraan verbonde is.

  • Kinders leer om mededeelsaam te wees wanneer maats mededeelsaam is.

 

Video: Verduideliking van groepsdruk in annimasie.

 

bottom of page