I'm a description. Click to edit me
Lewensoriëntering
Selfbeeld
Wat beteken selfbeeld?
Selfbeeld beteken hoe jy jouself sien, die beeld wat jy van jouself in jou kop het. Wat jou wense en drome is, wat jy dink en voel. Hierdie beelde kan positief of negatief wees, en dit speel 'n baie groot rol in jou lewe.
Hier is 'n paar eienskappe van 'n gesonde en positiewe selfbeeld:
-
Wees bewus van wat om jou aangaan, en luister na jou kop en lyf.
-
Erken jou foute en leer daaruit
-
Moet nie altyd net jou eie kop volg nie, luister na ander mense se opinie ook
-
Kyk mooi na jouself, fisies, emosioneel, geestelik en verstandelik.
-
Respekteer ander en hulle gevoelens, nie almal dink en reageer dieselfde nie.
-
Vat verantwoordelikheid vir jouself en jou eie lewe, jy maak die keuses.
-
Wees bereid om te se wat jy dink en hoe jy voel.