top of page

ASSESSERING IN LO

Projekte

 

  • ‘n Projek is ‘n werkstuk waar kennis, vaardighede en waardes van leerders gebruik word om inhoud te integreer.

 

  • Die projek behels die versamel, ontleding en evalueer van inligting om bevindinge te maak en ‘n skriftelike produk te vorm.

 

  • Die leerders moet self ook gaan navorsing doen en om data, hulpbronne en inligting te versamel.

 

  • Deur die voltooiing van die projek moet onderwyser deurlopend van hulp wees vir leerders om te verseker dat projek korrek verstaan word

 

  • Inhoud word deur die jaarlikse onderrigplan voorsien.

 

  • Daar moet genoeg tyd aan leerders gegee word om projek te voltooi.

 

  • Die vorm van assessering moet vooraf aan leerders verduidelik word.

Ontwerp en vervaardiging

 

  • Dit is die wyse waar kreatiewe denke gebruik word om 'n werklike produk te ontwerp en skep.

 

  • Daar word wel ook van leerders verwag om die ontwerpproses skriftelik in te dien.

 

  • Leerders moet deur die toepassing van vaardighede kennis kan ontwikkel.

 

  • Die jaarlikse onderrigplan sal die fokuspunt van die inhoud beskryf.

 

  • Alle benodigde hulpbronne en inligting moet aan leerders voorsien word.

 

  • Assesseringsdoeleindes moet aan leerders verduidelik word voor hul met die taak begin.

Geskrewe take / Werkopdragte
 
  • ‘n Werkstuk is ‘n oefening met duidelike riglyne en ‘n spesifieke lengte

 

  •  Dit word gebruik om problem op te los, besluite te neem deur middle van toepassings van leerders se kennis.

 

  • Die inhoud word bepaal deur die jaarlikse onderrigplan. Alle hulpbronne wat leerders benodig om die werkstuk te voltooi moet deur die onderwyser verskaf word.

 

  • Daar moet vooraf vir die leerders verduidelik word wat presies van hul verwag word en op watter manier hul werkstuk assesseer sal word. 

Praktiese Demonstrasies

 

  • Leerders kan in groepe ʼn tradisionele dans aanbied vir ʼn punt.
 
  • Leerders kan die projekte wat hulle doen gedurende die jaar prakties demonstreer deur ʼn skyfie vertoning vir klas aan te bied.
 
  • Leerders kan ʼn mondeling vir klas doen oor wat hulle navorsing gedoen het bv. Die Ebola virus
 
  • Leerders kan ʼn oefensessie of ʼn speletjie in groepverband voorberei vir die ander leerders in klas in hulle “praktiese klas” met ander woorde as leerders veld toe gaan.
  • c-facebook

© 2023 by Art School. Proudly created with Wix.com

bottom of page