I'm a description. Click to edit me
Lewensoriëntering
Persoonlike gesondheid
Behels die emosionele, geestelike, verstandelike en fisiese gesondheid van 'n individu.
KINDERMISHANDELING en GESINSGEWELD is voorbeelde hoe jou persoonlike gesondheid negatief beïnvloed kan word.
GESINSGEWELD
Agtergrond oor gesinsgeweld ?
Mense dink dikwels dat gesinsgeweld slegs fisiese geweld insluit, maar die dade, gedrag en gevolge wat gesinsgeweld uitmaak, wissel van aard en gereeldheid.
Dit word algemeen aanvaar dat die gesin die plek is waar ouers en kinders werklik kan groei en ontwikkel tot die mens wat elkeen veronderstel is om te wees.
Kinders leer ook in gesinsverband die rolle aan wat hulle weer eendag as ouers moet vervul. ʼn Gesin word normaalweg beskou as ʼn veilige hawe, ongelukkig is die kanse groter dat persone deur gesinslede vermoor en aangerand word as deur enigiemand buite die gesin.
Die gesinslewe word dikwels sodanig geïdealiseer dat gesinsgeweld misgekyk, of selfs as normaal afgemaak word in die daaglikse verloop van kinderopvoeding, die verhouding tussen man en vrou en selfs in die groter familiekring.(Strydom H ;2006; Gesinsgeweld en die implikasies daarvan vir die Suid-Afrikaanse samelewing)
Persone leer om gewelddadig op te tree indien hulle in gewelddadige huishoudings grootgeword het. “.......many batterers were also observers or targets of abuse in their own families of origin. They, too, have been left with emotional scars from long ago”. (Decker DJ;1999: Stopping Violence. A Group Model to Change Men’s Abusive Attitudes and Behaviors).
Gesinsgeweld word gereguleer deur die Wet op Gesinsgeweld, 1998 (Wet No. 116 van 1998). Hierdie Wet het betrekking op gesinsgeweld wat binne 'n gesinsverhouding plaasvind
Interressante statistieke van gesinsgeweld.
-
Die meeste insidente vind oor ʼn naweek plaas.
-
Die wapen wat die meeste gebruik word is die vuis, met kneusings, swelsels, snywonde en breuke as die algemeenste vorm van besering.
-
Meer mans as vrouens is skuldig aan gesinsgeweld,
-
vroue is ook soms oortreders en aanstigters van gesinsgeweld.
Wat word as gesinsgeweld geklasifiseer?
-
Aanranding (gewone)
-
Aanranding (met die opset om ernstig te beseer)
-
Verbale teistering
-
Seksuele teistering
-
Verkragting
-
Kindermishandeling wat fisiese, geestelike en seksuele mishandeling insluit
-
Ontvoering
-
Enige vorm van geweld soos fisiese, seksuele, emosionele of ekonomiese teistering
-
Beskadiging van eiendom
-
Teister agtervolging
-
Betreding van iemand se eiendom sonder toestemming
-
Enige vorm van beledigende of mishandelingsgedrag
-
Waar sulke gedrag skadelik is of jou gesondheid, veiligheid of welstand bedreig
-
Geforseerde isolasie
-
Finansiële benadeling
-
Diskriminasie
Oorsake van gesinsgeweld.
-
Werkloosheid,
-
alkoholmisbruik,
-
inders uit ʼn vorige huwelik,
-
buite-egtelike kinders
-
stieffamilieverwantskappe.
-
Jaloesie,
-
finansies,
-
godsdiens,
-
werkdruk,
-
stres,
-
beskikbaarheid van ondersteuningsisteme
-
sowel as die kwessie van persone leer om gewelddadig op te tree indien hulle in gewelddadige huishoudings grootgeword het.
Wie verleen hulp aan gesinsgeweld situasies?
-
SAPD-noodnommer 10111
-
Die SAPD se Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe, Hoofkantoor, Pretoria (012) 393 2363
-
SAPD Crime Stop Misdaad 08600 10111
-
Hulplyn: Vrouemishandeling 0800 150 150
-
Kinderlyn 0800 055 555
-
VIGS-hulplyn 0800 012 322
Gevaartekens...
-
Isolasie – die slagoffer word afgesny van vriende en familie; enige iemand wat ondersteuning kan bied en hom kan keer om sy planne uit te voer. Gewoonlik probeer hy haar wys dat haar familie en vriende nie hul verhouding goedkeur nie, or ‘n probleem met hom het (“jou familie gun my niks…”)- en sy draai teen hulle. Onbewustelik sny sy haarself van haar eie ondersteuningsnetwerk af….
In baie gevalle verhuis die paartjie dan na ‘n ander dorp, waar sy dan geen vriende het nie…
-
Kyk uit vir mans met ‘n baie lae selfbeeld – in party gevalle kan dit ‘n potensiele vroueslaner wees met ‘n behoefte om iemand anders te “beheer” sodat hy beter kan voel oor homself. Uitermatige jaloesie en besitlikheid is ook gevaartekens van ‘n baie lae selfbeeld.
-
Hou die paartjie dop in geselskap – is sy altyd nederig en inskiklik, terwyl hy mag se wat hy wil? Kraak hy haar ooit af voor ander, sonder dat sy daarop reageer? wanneer sy stemtoon verander, hoe reageer sy daarop? (vir haar is dit dikwels die sein van ‘n pak slae wat op pad is)
-
Kyk wanneer hulle speel – is hy geniepsig, en se dan gerieflikheidhalwe “ek speel net” as sy seerkry? – Hy kyk hoe ver hy die grense kan druk.
http://christenblog.co.za/gesinsgeweld-die-siekte-van-ons-tyd/
.
[Hierdie inligting kom uit die pamflet "Moenie stilbly oor gesinsgeweld nie!", wat uitgereik is deur die SAPD.
Sien ook http://www.saps.gov.za/ vir meer inligting, of besoek jou naaste polisiekantoor.]
KINDERMISHANDELING
ergotherapie.nl
childabuserecovery.com
plazilla.com
Wat is kindermishandeling?
-
Kindermishandeling word deur Childline gedefinieer as enige interaksie (of die gebrek daaraan) tussen 'n kind en sy of haar ouers of versorgers wat tot fisieke of ontwikkelingskade van die kind kan lei en waarvan die skade nie per ongeluk berokken is nie.
-
Kindermishandeling sluit emosionele mishandeling en verwaarlosing, fisieke mishandeling, fisieke verwaarlosing en seksuele misbruik in.
-
Vroeë ingryping en hulp kan die kind liggaamlike en emosionele skade spaar, en selfs 'n lewe red. Dit is inderwaarheid nie net moontlik om -deur bedag te wees op tipiese letsels en gedragspatrone - 'n misbruikte kind uit te ken nie, maar selfs om 'n hoë-risiko situasie te voorspel.
-
Sommige kinders is bloot deur die omstandighede van hul ouers, hul gesin en omgewingsfaktore meer weerloos en vatbaar vir misbruik, sê Rana Escher, woordvoerder van Women Against Child Abuse, aan die vooraand van Kinderbeskermingsweek (24 tot 30 Mei).
http://www.health24.com/Parenting/Child/Kindergesondheid/Herken-kindermishandeling-so-20120721
Gevolge van kindermishandeling
-
Wantrouïg
-
Weier om gevoelens te deel
-
Rebels
-
Verkeerde vriende
-
Is geïrrieerd of aggressief
-
Druk skuldgevoelens uit / baie krities teenoor self
-
Haatdraend
-
Geweldig verskonend
-
Nagmerries en slegte drome
-
Te stil – depressief – huil
-
Baie bekommernis
-
Swak higiëne
-
Gedrag ouer of jonger as ouderdom
-
Fisiese skete en pyne
-
Toename / afname in aptyt
-
Slaapversteurings
http://www.ukukhanya.co.za/tekens-van-trauma-kinders/#more-402
Gevaartekens van kindermishandeling.
Kindermishandeling is moeilik om te identifiseer, aangesien kinders hulleself gereeld beseer. Die geneesheer staan egter onder ’n wetlike verpligting om gevalle van kindermishandeling aan te meld.
-
Ouers neem die kind eers ’n paar dae ná die besering opgedoen is na die geneesheer.
-
Beserings strook nie met die verduideliking wat deur die ouers vir die besering aangebied word nie
-
Die slagoffer het onverklaarde beserings, of beserings waarvoor die verklaring onvoldoende is.
-
Die geskiedenis wat deur die ouers vir die beserings aangebied word, verander gedurig.
-
Kinders toon vreemde, terughoudende gedrag in die teenwoordigheid van die ouer.
-
Ouers neem die kind na verskillende geneeshere in ’n poging om te mislei.
-
Die kind het beserings wat ’n duidelike patroon vorm, bv. dié van die gespe van ’n lyfband of van ’n houtlepel.
http://www.ajol.info/index.php/safp/article/viewFile/13403/15717