I'm a description. Click to edit me
Lewensoriëntering
'n Onderwyser se grootste doel is om kinders te onderrig, maar saam met dit moet daar 'n paar waardes bygevoeg word waarvan proffesionalisme een is. Professionalisme word gedefinieer as die manier waarop jy jouself aan ander bloodstel, saam met dit gaan organisering, beplannig, voorbereiding, konflikhantering, verhoudings met kollega's en leerders en selfetiket. 'n Onderwyser wat voor in die klas staan, word as rolmodel en voorbeeld gesien, deur die leerders asook mede-kollega's. Daarom moet die onderwyser met geskikte kleredrag geklee wees om ook sekere waardes oor te dra en die nodige respek te verdien.
-
Professionele kleredrag vir 'n onderwyser is om gemaklik te wees, omdat hulle heeldag op hulle voete is, sowel as formeel aan te trek. Dit is belangrik dat alles wat toe behoort te wees toe moet wees en dat die onderwyser ten alle tye netjies voorkom.
-
Leerders in die klaskamer is baie oplettend oor dit wat die onderwyser dra. Daarom is dit net so belangrik dat die onderwyser nie verleidend voorkom nie. Die onderwyser se kleredrag moet nie die onderrig oorskrei nie, daar moet 'n positiewe beeld geskep word.
-
Omdat die onderwyser konstant in die kollig geplaas word en 'n voorbeeld van goeie morele waardes en norme moet wees, is dit belangrik dat die onderwyser self 'n voorloper in morele gedrag moet wees. 'n Onderwyser moet die vermoë besit om self onderskeid te kan tref tussen kleredrag wat in die praktyk aanvaarbaar sal wees en kleredrag wat net eenvoudig slordig of onvanpas sal wees.
Drie uit vier Amerikaners glo vertoonbaarheid beïnvloed of jy ernstig opgeneem gaan word en 74% glo dit beïnvloed jou kanse om in die topbestuur te dien. Twee derdes glo voorkoms beïnvloed jou verhoging of bevordering.Die waarskynlikheid is ook hoog dat jy die sukesvolle kandidaat vir ’n aanstelling of bevordering kan wees. Wanneer jy goed lyk, respekteer ander jou. Jy’t ook lus vir die dag en voel in beheer.
'n Paar wenke om in gedagte te hou:
-
Wees te alle tye professioneel, beleef en respekteer ander. Jy weet nie aan wie jy volgende kan rapporteer nie.
-
Moenie jou werk soos ’n werknemer benader nie, sê www.officeteam.com. Benader dit eerder soos jou eie maatskappy.
-
Vra altyd vir terugvoer. Watter beeld het ander mense van jou?
-
Wees altyd betyds.
-
’n Netjiese, geordende lessenaar sê jy’s bekwaam, in beheer en jy kan jou tyd bestuur.
-
’n Netjiese motor sê jy sal behoorlik na ander se belange omsien. Gina Meintjes van Kelly sê daar is ’n paar goue reëls wat jy behoort te onthou:
-
Jou klere en skoene moet heel en netjies wees. (Laat vervang skoensole sodra nodig.)
-
Jou naels en toonnaels moet altyd versorg of vars geverf lyk. Vermy helder kleure.
-
Moenie te veel vel wys nie. Jou onderklere mag nie uitsteek nie. Vermy ook te kort soomlyne.
-
Moenie neon- of te helder kleure dra nie.
-
Sorg dat jy altyd vars ruik.
-
Moenie te eenvoudig aantrek vir ’n vergadering nie. Jy kan eerder ’n serp of baadjie uittrek.
-
Hou jou juwele eenvoudig.
-
Hou jou handsak skoon en netjies.
Bronne:
-
http://cherishm7.blogspot.com/2013/08/professionele-kleredrag-n-onderwyser-se.html
-
http://www.sarie.com/lewe-liefdes/werk-geld/lyk-goed-wees-suksesvol/
-
http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2008/10/11/RH/I/ckonnies.html